Geagte Fr.Lester & Parish Council Insake: Bedanking vir skenking van R7000.00 vir hampers Ek wil van die geleentheid gebruik maak om namens ons personeel, SGB, ouers en leerders ons opregte dank en waardering uit te spreek vir die mildelike bydrae tot ons uitreikings projek. Ons ouers was voorwaar baie bly oor die kospakkies. Omdat ons leerders ver verwyderd van mekaar woon op verskillende plase, was die uitdaging groot oor hoe ons hulle kon bereik. Alles het egter goed afgeloop en die meeste ouers het hul kospakkies ontvang met dankbare harte. Die mense kry verskriklik swaar en u en u kerk het ons voorwaar gehelp om die nood te verlig. Ons kan u nie genoeg bedank nie. Nogmaals baie dankie God’s Rykste Seën op u, u familie en gemeente. Skoolbestuurder (JP.Franse)
Matjiesrivier NGK Primêr